Home arrow Client Feedback arrow about us arrow Client Feedback
Client Feedback PDF Print E-mail

 

 


2010-10-25

Ons wil ook op hierdie stadium Breinlyn van harte bedank vir wat hulle vir ons twee kinders beteken, ons het weer die ou kinders terug by ons.

Hulle is altwee so gelukkig en Elzabé ons matrikulant het nog nooit so rustig eksamen geskryf soos nou nie.

Baie dankie Breinlyn vir wat julle vir ons kinders doen en beteken, dit gaan nie ongesiens verby nie.

Breinlyn is Bo!!

Erika van Coller


2010-10-07

Ek was by die matriekafskeid, en wil net baie dankie se vir die geleentheid. It was a night to remember!

Ek droom al van kleins af oor my matriekafskeid, en toe ek uit die gewone skool moes gaan en sien hoe mooi my ouer suster gelyk het met haar dans, het dit my hart gebreek. Maar julle het dit vir my moontlik gemaak om ook by so n geleentheid te wees, en ek bedank jul uit die diepte van my hart...

Tineke Trynie Viljoen


2010-10-07

Hi Anita

Ek wil jou net dank vir al die twee jaar dat jy my en Jadene gehelp het. Laas jaar was chaos en die jaar nog meer. Laas jaar was dit ek en julle wat worstel en die jaar ek en Jadene ek weet sy gaan dit nie maak nie, maar ons sal die padjie loop soos wat die liewe Heer ons ly. Ek wil net vir jou en almal daar by Breinlyn wat ons so mooi gehelp het bedank vir julle vriendelikheid en julle goedhartigheid.

Baie Liefde en Groete
Hester Peacock


2010-10-06

Verder moet ek jou die wonderlike nuus vertel van ons outistiese seun Gerhard hier - ek het hom Maandag begin toets op die Junie vraestel Gr 3 - mense hy het 100% vir sy wiskunde/ Die kind het nourie dag 2000 optel somme gedoen in n oggend en net 109 verkeerd gehad. Ek het vir die kinders opvoedkundige speletjies opgelaai wat werklik vreeslik interresant is. Daar is van alles en nog wat - wiskunde, aardrykskunde = uitstekend, memory games,drawing and sketching, maak jou eie music, skryf jou eie engelse storie,puzzles, geskiedenis, natuurwetenskap, solar systeem en planete - tot hoe werk n ATM kaart. Spring op die net en google Grey Ollwit educational games - dit is oor en oor die moeite werd en nou het ons die klomp af van al die nonsens speletjies.

Die kinders is gaande oor Breinlyn - ek wens jy kon hulle sien voor Breinlyn en nou. Elke kind glo vir die eerste keer in homself en sy moontlikhede. Die trots straal uit hul ogies.Coleen mag die Here julle klomp seen tot vervelens toe - jy het paaie vir hierdie kinders oopgemaak wat hulle met kindermoed aanpak en bitter min gaan hulle stuit. Oe dis lekker in Suid Afrika en ek het so baie hoop vir hierdie goggatjies hier.

Breinlyn doen wonders vir autistiese kinders - gaan stel ondersoek in - jy sal verbaas wees.

Lief julle klomp

Groetnis

Marina Dreyer


2010-09-21

Dear Rose

We wish to take this opportunity to thank Brainline and its support staff for allowing Wayne to enroll for the programme. We have since realised that he was not able to cope with home base learning. We subsequently were fortunate to find a full time schooling for him. I'm indebted to also say that Brainline has and indeed prepared him in the first half of the year for this journey where his average has now mushroomed to 70%. It is a pity that he was unable to start the third semester with Brainline.

We wish Brainline all success in the future.

Kind regards
Simon van Wyk


2010-09-21

Beste Fred

Nou, 18:06 die mail ontvang. Was baie bang om die mail oop te maak, bang vir nog slegte nuus. SJOE, wat n verligting, duisend dankies, waardeer dit geweldig baie. Anita het my ook die ok gegee, sy is n ENGEL!
Baie dankie aan ieder en elk van julle wat die klippad vir ons seepglad probeer maak, waardeer dit uit die diepte van ons harte.

Groete uit Suidwes en geseende week vir almal!

Leone


2010-09-20

Net ‘n woordjie van dank aan Breinlyn personeel, vir al die ondersteuning en die liefdevolle manier waarop ouer en kind hanteer word. Dankie vir al die opofferinge vir die afle van eksamens na ure wat dinge baie vergemaklik.

Elmarie Matthysen.


2010-09-15

Goeiemiddag

Ek wil net sê ek dink julle is puik (tops). Julle werk is altyd eerste gemerk en word eerste deur gestuur na ons. Ook is julle die enigste wat gemerkte take of vraestelle vir ons terug stuur. Baie dankie daarvoor. Die dame wat vir my merk is bly as sy kan sien of sy reg merk.

Vriendelike groete

Machel Malan


2010-09-08

Hi Dael

Thanks so much, you have been one of the most supportive grade heads/teachers we have dealt with at Brainline.
I appreciate your efforts and thanks so much.

Kind regards
Janet


2010-08-04

Good day Christo & Coleen

Thanks for the great seminar and opportunity for us to meet you all. Good luck with your new offices - I trust the Capetonians will greatly benefit from the presence of Brainline offices.

Leigh & I learned a lot yesterday and are most grateful for the opportunity. The study methods seminar was great and Leigh learned a lot.

Thanks and kind regards
Janet & Leigh Geyer


2010-07-29

Hi Kitty.

Baie dankie vir vandag se help. Jy is altyd so geduldig. Mens voel sommer ‘n verligting as jy die foon antwoord.

Ek weet julle werk moet druk wees. Elke ouer voel mos maar sy kuikens is die belangrikste.
Ten spyte daarvan is jou stem altyd rustig en kan mens mooi verduidelik wat jou probleem is.

Dit help anders voel mens jou probleem is eintlik lastig.

Mag jy nog lank by Breinlyn werk sodat ons met ‘n glimlag gehelp kan word.

Baie groete
Adri van Rooyen